Local newsNews

Dit was nat. Dit was koud. Dit was vir ʼn goeie doel

Die CANSA - Relay for Life is gewoonlik 12 ure, maar hierdie jaar het die weer dit gekortwiek. Die Rotary Anns het dit steeds geniet.

VANDERBIJLPARK – Die naweek het die jaarlikse CANSA – Relay for Life by die Old Vaaltonions Sport Klub se gronde plaasgevind.

Die Rotary Anns van die Rotariër Klub van Riverside het vir die derde jaar ʼn span van 12 ingeskryf om die 12 ure aflos te stap.

Bernice Labuschagne voor die Engelvlerke wat deel was van die CANSA – Relay for LIfe. Foto: Ina Labuschagne

Die doel van die aand is om fondse in te samel vir CANSA, maar ook om die wat kanker oorwin het se lewens te vier en te dink aan die wat die stryd verloor het.

Ina Labuschagne, die president van die Rotary Anns, sê haar skoonma is oorlede aan borskanker en sedertdien ondersteun sy CANSA. “Ons neem al langer as drie jaar deel, maar ek het eers in 2024 self ʼn span ingeskryf.”

Hierdie jaar wou die weer nie saamspeel nie en die aflos is om 23:30 gestop. “Ons was almal nat, maar dit het nie ons geesdrif gedemp nie. Dit was ook lekker toe Johan, Desire en Ron van die Rotariër Klub van Riverside kom hallo sê het,” vertel Ina.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button