News

Emfuleni spandeer R2 miljoen op vullissakke

R2 miljoen aan vullissakke, maar inwoners sien geen voordeel nie.

VEREENIGING – Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het R2 miljoen op plastiese vullissakke spandeer, terwyl die munisipale vullisverwydering steeds stelselmatig faal en die sakke nie gebruik word nie.

Kingsol Chabalala, DA-lid van die Gautengse wetgewer en die party se burgemeesterskandidaat in Emfuleni, sê dié inligting het aan die lig gekom ná vrae aan die provinsiale wetgewer oor die besteding van die geld.

Die munisipaliteit het die aankoop van die sakke bevestig, wat die DA laat twyfel oor die motiewe van die munisipaliteit.

Volgens Chabalala weerspieël die R2 miljoen wat aan vullissakke bestee is ’n duidelike diskonneksie met die werklike behoeftes van inwoners.

Die DA sê dit laat lyk of politieke leiers dalk self voordeel trek en dui op moontlike korrupsie.

Die party sê hulle sal aanhou om druk in die Gautengse wetgewer uit te oefen en op antwoorde aan ted dring, ten einde goeie en deursigtige bestuur namens inwoners van Emfuleni te bevorder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button