Bonfire & Sherry Fees gaan ‘n groot lekkerte wees
Dis tyd vir Centurions MC Vaal se Bonfire & Sherry Fees. Elke jaar 'n treffer en Saterdag gaan hul groter en beter....
VANDERBIJLPARK – Die hout is reeds gepak, die spreekwoordelike tafel is gedek. Saterdag, 4 Julie is dit weer tyd vir Centurions MC Vaal se Bonfire & Sherry Fees. Dit vind plaas by hul klubgronde in Shakespearestraat.
Die groot bonfire sal 17:00 aangesteek word en tot laat brand. Hekke maak reeds 10:00 oop en almal is welkom om te kom saamkuier.
Daar sal heelwat stalletjies wees, die tradisionele Fear Factor wat altyd groot belangstelling lok en natuurlik hope musiek. Die jaar tree Andries Botha op.
Lootjies kan ook gekoop word om ʼn allemintige drank-gevulde mandjie te wen.
Niemand is 100% seker nie, maar die jaarlikse fees is al meer as 25 keer gehou. Motorfietsryers ry van heinde en verre om deel van die lekkerte te wees.
Toegangsgeld is R80 per persoon en sluit ʼn bekertjie en ʼn gratis sherry in, net om die winterbyt so bietjie te verdryf.
Almal is welkom en Centurions MC Vaal het laat weet, hulle sien uit om almal te sien!