News

Reuse-slaggate in Piet Retief-boulevard

Die reuse-slaggate in Piet Retief-boulevard kan tot groot skade vir motoriste lei.

VANDERBIJLPARK – Inwoners word gewaarsku oor die groot slaggate by die vierrigtingkruising van Piet Retief-boulevard en Tannerstraat in SE2.

Die slaggate veroorsaak dat motoriste in die linkerbaan van Piet Retief-boulevard, by die kruising besef dat die slaggate te diep is, en dan na die regterbaan moet oorskuif.

Dit veroorsaak op sekere tye van die dag ‘n verkeersophoping.

Daar is natuurlik ook motoriste wat nie besef hoe diep die watergevulde slaggate is nie, en dan daardeur ry.

Bo en onder: Die reuse-slaggate in Piet Retief-boulevard is met water gevul en verskeie motoriste het daardeur gery omdat hulle nie besef het hoe diep die gate is nie. Foto’s: Elsje Vermeulen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button