News

Drie Riviere se berugte kruising gaan uiteindelik herstel word

Die herstelwerk kan uiteindelik begin.

VEREENIGING – Ná maande se probleme met een van Drie Riviere se besigste kruisings, lyk dit uiteindelik of daar lig aan die einde van die tonnel is.

Die tamaai slaggat by die kruising van Houtkopweg en Kliprivierrylaan in Drie Riviere gaan volgens VF Plus-raadslid Gerda Senekal binnekort herstel word.

Senekal het verlede week in ’n video op sosiale media aangekondig dat die tenderproses vir die herstelwerk afgehandel is en dat werk na verwagting hierdie week sal begin.

Die slaggat. Foto: Vaalweekblad Argief
Die tamaai slaggat by die kruising van Houtkopweg en Kliprivierrylaan in Drie Riviere gaan volgens VF Plus-raadslid Gerda Senekal binnekort herstel word.

“Vandat ons verlede jaar begin het om baie druk op die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te sit om hierdie kruising reg te maak, is daar uiteindelik ’n tenderproses wat verby is,” sê Senekal in die video.

Sy het gesê die terrein sou Maandag (10 Augustus) aan die kontrakteur oorhandig word, waarna met die herstelwerk begin kan word.

“Ons is ongelooflik baie bly en baie verlig dat hierdie probleem uiteindelik uit die Drie Riviere se lewe uit sal kom,” sê sy.

Die kruising het die afgelope jaar herhaaldelik onder die soeklig gekom weens sy swak toestand.

Vaalweekblad het reeds in Desember 2025 berig oor ’n massiewe, watergevulde slaggat by die kruising wat verkeerschaos tydens die oggendspits veroorsaak het. ’n Vragmotor wat motors vervoer het, het destyds in die gat vasgesit, terwyl motoriste gevaarlik om die probleem moes beweeg.

Die pad vorm ’n belangrike toegangroete tot Drie Riviere en die toestand daarvan het inwoners en politieke partye se kritiek op Emfuleni se padinfrastruktuur verder laat toeneem.

Verskeie voertuie het al in die tamaai slaggat vasgeval. Foto: Vaalweekblad Argief

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button