Local newsNews
Noordskool pronk met hul jong wetenskaplikes
Dit verg harde werk, toewyding en kreatiwiteit om aan die Expo vir Jong Wetenskaplikes deel te neem, maar die beloning is die moeite werd.
SASOLBURG – Noordskool was goed verteenwoordig by hierdie jaar se Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes.
Elke leerder het ure se navorsing, eksperimentering en harde werk ingesit om hul projekte eksie-perfeksie vir die Expo te kry.
Hul toewyding en harde werk is beloon met vier bronsmedaljes, vier silwermedaljes en twee kategorie-eerste plekke.
Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Baie geluk aan elke jong wetenskaplike! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en die moeite wat julle ingesit het.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
