Local newsNews
Vaal Voëlklub gesels oor voëls in Senegal
Datums in Augustus om te onthou vir al die Vaal se voël entoesiaste. Kuier saam met die Vaal Voëlklub hierdie maand.
VANDERBIJLPARK – Augustus is ʼn belangrike maand vir die Vaal Voëlklub. Almal word genooi om 17 Augustus saam met hul te kuier.
Dylan Vasapolli gaan gesels oor die voëls in Senegal. Dit byeenkoms begin om 19:00 en sal soos gewoonlik by die Palms Aftreeoord gehou word. Dis geleë te Vaal Drive, Sylviavale.
Dis ook weer tyd vir die klub se jaarlikse Winter Coordinated Waterbird Count (CWAC) of dan watervoëlsensus op die Vaalrivier.
Dit vind op 29 Augustus plaas. Almal kom om 06:30 by Stonehaven on Vaal bymekaar. Die bote vertrek om 07:00. Gaste is welkom om te kom help tel. Belangstellendes moet vir Cliff Wright kontak by wrightcliff96@gmail.com. .
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
