90.6 FM Cheer-Off-kompetisie bars uit sy nate
Vanjaar het 24 spanne deelgeneem teenoor verlede jaar se agt spanne.
VANDERBIJLPARK – Die gewilde 90.6 FM Cheer-Off Cheerleading-kompetisie is vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar aangebied en het behoorlik uit sy nate gebars.
Met nagenoeg 700 dansers wat vanjaar ingeskryf het, was dit nodig om die geleentheid vir die eerste keer oor twee aande by die APF Portuguese Klub aan te bied.
Die kompetisie het selfs deelnemers van ver buite die grense van die Vaal gelok, soos Jordania Primêre Skool (Jordania Pom-Poms) wat in die Junior Junior-afdeling op die tweede aand van die kompetisie in aksie was.
Dié besoekers van Bethlehem het nie verniet gereis nie en kon as algehele wenners van die afdeling terugkeer huis toe.
In die tweede plek in die Junior Junior-afdeling (gr. RR tot nege jaar oud) was Risiville Junior Cheerleaders van Laerskool Risiville, gevolg deur The Ingeniators van Ingenio Academy Vaal Private Pre-School.


Die ander spanne wat in die Junior Junior-afdeling deelgeneem het, is:
Laerskool Kollegepark (Pom-Poms) + (Mini-Pom-Poms)
Ingenio Academy Vaal Private Pre-School (The Ingeniators)
North Primary School (Sparkling Joyful Cheerleaders)
Laerskool Emfulenipark (Emmies Pom-Poms)
Laerskool Risiville (Risiville Junior Cheerleaders)
Vaal Triangle Preparatory (VTP Pom-Poms)
Laerskool Eligwa (Ellies)
Leeuwspruit Primary (Leeuwspruit Little Lion Cubs)
Vesco Academy (V-Dynamite Divas)
Jordania Primêre Skool (Jordania Pom-Poms)

Op die eerste aand van die kompetisie was dit die Juniors (10 tot 13 jaar) en die seniors (hoërskole) se beurt.
Die Junior-wenners
1ste plek – Die Valies Cheerleaders van Vaalpark Primary
2de Plek – Sassy Squad van Laerskool Vryheidsmonument
3de Plek – Leeuwspruit Senior Dancers van Leeuwspruit Primary school
Die ander spanne in die afdeling is:
Laerskool Randhart “Ranties”
Vaal Triangle Preparatory School “VTP Cheerleaders”
Laerskool Republiek “Rippies Tigers”
Vesco Academy “Vesco Cheer Stars”
Oakwood Primary School “Rising Stars”
Die senior-spanne
In die senior-afdeling was dit net HS Transvalia en HS Driehoek wat deelgeneem het, en vanjaar het die Hoekies koning gekraai.
* Vaalweekblad het Donderdag by die kompetisie gaan inloer. Hier is van die aksie wat op kamera vasgevang is. Foto’s: Elsje Vermeulen
Nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.







