Local newsNews

Spesiale spreker by Vanderbijlparkse leeskring

Die leeskring-lede sien uit na hul volgende byeenkoms waar PetroKotze-Odendaal haar boek gaan bespreek.

VANDERBIJLPARK – Die Vanderbijlparkse Leeskring kuier op 20 Augustus saam met Petro Kotze-Odendaal. Sy is die skrywer van die boek, “Wanneer die krieke stil word”, wat gegrond is op haar eie lewe.

“Vir Petro Kotze-Odendaal word die krieke reeds vroegtydig stil: van donkernag vlug onder die hand van ’n alkoholis-pa en later in die greep van ’n gewelddadige man. Sy en haar vierjarige seuntjie moes vroeg op die stormwaters van die lewe loop. Is dit moontlik dat een mens soveel hardheid kan beleef en steeds haar geloof behou?” – Uitreksel van die agterblad van “Wanneer die krieke stil word.”

Almal is welkom om die oggend by te woon. Die bespreking begin om 10:00 by NG Driehoek in  die Jeugsaal.

Daar sal verversings bedien word na die tyd. Toegangsgeld vir nie-lede beloop R40.

Kontak Lynette Cilliers by 0825935964 voor 18 Augustus om plek te bespreek.  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button