News

Wiele het gerol na die Vaal Motorskou

Die getal besoekers aan die Vaal Motorskou in Vereeniging het merkbaar toegeneem vergeleke met verlede jaar.

VEREENIGING – Die Vaal Motorskou het Sondag groot belangstelling gelok.

Die motorskou is by die Vaal-skouterrein gehou en dit het gewemel van mense en gesinne wat die dag saam geniet het.

Die kouefront wat ons tans ervaar het gelukkig mooi saamgewerk, en skou-gangers het ‘n heerlike warm dag geniet.

Daar was meer as genoeg om te sien, te eet en te drink.

Nog foto’s in hierdie week se Vaalweekblad.

Fotobeeld van die dag – Elsje Vermeulen

Daar was iets te sien vir elke smaak.
Gesinne het die dag saam geniet. Hier glimlag Anneline Havenga en Handré vir die kamera by een van die motors wat hul aandag getrek het.
Van die afwerkings op die motors het baie aandag getrek, soos die kunswerke aan die binnekant van die enjinkappe.
Pa en seun bekyk die Roadster van naderby.
Iets binne die enjin is onder bespreking.
Die Ford T Hotrod was een van die gunstelinge van die dag.
So lyk die stuurwiel van die Ford T Hotrod.
Pa en seun het ‘n moeilike besluit oor watter toevoegings tot hul Hot Wheels-versameling sal gemaak gaan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button