News

‘ELM-burgemeester verkoop drome’ – Gerda Senekal

Die VF Plus bevraagteken ook ELM se belofte dat korrupsie en wanbestuur nou ’n prioriteit is.

VANDERBIJLLPARK – VF Plus-raadslid het in ‘n mediaverklaring uitgelig dat die munisipale rede van die burgemeester van Emfulen, Hassan Mako, vol beloftes was van ’n nuwe ekonomiese stad, ’n studentedorp en selfs ’n lughawe.

Die VF Plus vra egter hoe ’n munisipaliteit wat sukkel om basiese dienste te lewer, hierdie projekte gaan uitvoer.

“Die sogenaamde “Nuwe Vaal”-projek word aangebied as ’n groot ekonomiese reddingsplan wat ’n internasionale lughawe, ’n studente-dorp, ’n landbouhub en ’n spesiale ekonomiese sone insluit.

“Dit klink indrukwekkend, maar die projek het tans geen duidelike befondsing of realistiese tydlyne nie.

“Sonder finansiële stabiliteit en basiese dienslewering bly dit ’n politieke belofte eerder as ’n uitvoerbare plan,” sê Senekal.

“Die werklikheid is dat Emfuleni van maand tot maand sukkel om groot diensverskaffers en kontrakteurs te betaal.

“Die aankondiging oor die R3,8 miljard Eskom-skuldverligting moet ook nie as ’n “nuwe” bron van geld aan inwoners voorgehou word nie. Skuldverligting is aan streng voorwaardes en finansiële hervormings gekoppel.”

Dus lê ELM se ware toets daarin of hy sy finansies kan stabiliseer, skuld kan bestuur, inkomste kan verhoog en verdere verval kan keer.

“Ons party wil weet hoeveel geld reeds verhaal is, hoeveel dissiplinêre sake afgehandel is, hoeveel amptenare aanspreeklik gehou is, hoeveel onreëlmatige kontrakte beëindig is, en hoeveel geld gaan jaarliks verlore deur vermorsing en swak beheer?” sluit Senekal af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button