News

Het van Verlangekraal by ERT uitgestel

LTickets sal met al die kaartjiehouers in verbinding tree om reëlings te tref om kaartjies vir die nuwe datum te stuur.

SASOLBURG – Lefra Produksies moet ongelukkig die beplande optrede van Leon van Nierop se trefferproduksie, Het van Verlangekraal, wat vir 16 Augustus by die Etienne Rousseau-teater geskeduleer was, uitstel.

Een van die lede van die produksiegeselskap is onverwags met ’n mediese noodgeval in die hospitaal opgeneem.

Die geselskap is daarom genoodsaak om die vertoning uit te stel om die nodige tyd en ruimte vir herstel te bied.

Die vertoning sal nou op Sondag, 8 November om 14:00 in die Etienne Rousseau-teater plaasvind.

Indien ’n kaartjiehouer egter nie die nuwe datum kan bywoon nie, word hulle versoek om met Lefra Produksies in verbinding te tree, sodat die beskikbare opsies met hulle bespreek kan word.

“Ons is opreg jammer dat ons gehore op hierdie wyse teleurstel en verstaan dat ’n datumverandering ongerief kan veroorsaak,” sê Frans Swart, regisseur van die produksie.

“Ons vra egter vir die publiek se begrip en ondersteuning terwyl een van ons geselskaplede die nodige sorg en bystand ontvang wat hy nodig het.”

Het van Verlangekraal vertel die verhaal van Het Heiberg, die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig.

Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie.

Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.

Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het.

Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button