News

Jong dansers bring medaljes huis toe

Die twee jong dames, Denise en Mieke Lubbe, het aan die EPCOT-danskampioenskappe deelgeneem wat van 9 tot 14 Julie plaasgevind het.

VANDERBIJLPARK – Twee belowende jong dansers van Just Dance het met medaljes van Disney World in Florida, Amerika, teruggekeer.

Denise het met haar samba die algehele derde plek behaal, en Mieke het in die jazz-afdeling ‘n silwermedalje losgedans.

Hulle het ook platinumstatus behaal in al die dansstyle waarin hulle deelgeneem het.

Denise se dansstyle sluit in jazz, samba en bhangra.

Mieke se dansstyle sluit in lyrical, kontemporêr, jazz en ope.

Denise Lubbe van Just Dance het ‘n derde plek behaal in Florida, Amerika.
Mieke Lubbe het ‘n silwermedalje losgedans in Amerika.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button