Local newsNews

Kuier en lekker braai by Van Riebeeck Sentrum

Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak het Saterdag by die Van Riebeeck Sentrum gaan kuier en vleisgebraai.

SASOLBURG – Suid-Afrikaners en vleisbraai is sinoniem en as mens lus is vir ‘n braai, dan moet jy braai. Dis presies wat Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark-tak tot aksie laat oorgaan het.

‘n Groot bedrywigheid rondom die braaivlesvuur. Foto: Johann Viljoen

Van die vrywilligers was ‘n ruk terug doenig met opknappingswerk in die badkamer van die Van Riebeeck Sentrum se verswakte sorg afdeling. Dis toe dat hulle ‘n oom hoor sê, hy kan nie wag om te braai nie.

Daar is die idee gebore om ‘n braai vir Van Riebeeck se inwoners te hou en Operasie Braai Beplan het ingeskop. Die datum is vasgemaak, borge is gekry en daar is ywerig aan die werk gespring.

Die inwoners kuier terwyl die vleis gebraai word. Foto: Johann Viljoen

Die groot dag het Saterdag aangebreek. Die inwoners het rustig gekuier terwyl die braaiers mekaar aangevuur het. Die braaivleis en bykosse, voorsien deur die Sentrum, was ‘n wenner en die inwoners het dit baie geniet.

Johann Viljoen sê hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om ere-ondersteunersertifikate aan die inwoners van 80 jaar en ouer te oorhandig.

Volgens Helpende Hand se webtuiste behels die Ere-Ondersteuners die volgende:

“By Helpende Hand glo ons niemand is ooit te oud of te broos om betekenis te hê nie. Inteendeel, die mense wat al die meeste geleef het, dra dikwels die grootste wysheid, moed en geloof. Ons netwerk van ere-ondersteuners bring mense saam wat al baie myle gestap het.

Tannie Ina Blignaut ontvang haar ere-ondersteunersertifikaat. Foto: Johann Viljoen

“Hulle is mense van 80 jaar en ouer asook persone met gestremdhede. Die netwerk gee vir hulle ‘n plek om te behoort, ‘n stem wat tel, en die geleentheid om steeds ‘n verskil te maak deur hul wysheid en ervaring met ander te deel.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button