News

Randhart-leerders maak ’n verskil vir diere

Groot skenking verlig DBV se nood.

VEREENIGING – Die Laerskool Randhart het onlangs hul harte en hande oopgemaak vir diere in nood met ’n skenking aan die plaaslike dierewelsyn.

Hoewel die skool se insameling hoofsaaklik ten bate van die Alberton DBV was, het die leerders, ouers en personeel ook van hul skenkings met die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV gedeel.

Die ruim skenking sal help om diere in die DBV se sorg van kos, warm komberse en die nodige versorging te voorsien.

Die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV het hul opregte dank uitgespreek teenoor die leerders, ouers, personeel en die Randhart-gemeenskap, asook mnr. Wynne de Jager en Takealot vir hul bydraes.

Die DBV sê die gebaar is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer ’n gemeenskap saamstaan om ’n verskil in die lewens van diere te maak

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button