News
Frenchie die ‘morkie’ moet ‘n huis kry
As jy so oulik, spelerig en vol liefdie is, moet daar iewers 'n liefdevolle huis vir jou wees.
VANDERBIJLPARK – Frenchie, is sowat 2 jaar oud, en was saam met sy ma, Marley, aan Vaalpets afgestaan.
Nou wag hy, en helpers van Vaalpets dat Frenschie ‘n tweede kans by ‘n gesin sal kry wat hom vir altyd sal liefhê.
Ondanks die veranderings in Frenchie se lewe, word hy beskryf as ’n gelukkige, dierbare hondjie wat mal is oor aandag, dit geniet om rondom mense te wees, en altyd reg is vir naderkruip en vryf.
“Hy is ’n wonderlike maatjie wat jou graag agtervolg, jou dae ophelder met sy spelerige geaardheid en jou sal oorlaai met voorwaardelose liefde,” is die boodskap van Vaalpets.
Slegs mense wat ‘n liefdevolle huis aan hom kan voorsien word gevra om Jolene: 082 300 8755 of Andey: 079 140 3041 te kontak.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
