VANDERBIJLPARK – Die Hoërskool Driehoek het vandag hul leiers vir 2027 aangewys.
Die skool het die aankondiging op hul Facebookblad gemaak.
“Leierskap gaan nie bloot oor ’n titel, ’n kenteken of ’n posisie nie. Dit gaan oor die moed om voor te loop wanneer die pad onbekend is; die nederigheid om ander saam te neem; die karakter om die regte ding te doen wanneer niemand kyk nie; en die vermoë om ’n verskil te maak wat veel verder strek as jou eie matriekjaar.
Julle is nou deel van iets groter as julleself. Julle sal die mense wees wat herinneringe help skep, tradisies help vorm, stemme help dra en ’n nalatenskap help bou.
Mag julle leiding gee met integriteit, dien met deernis, droom met vrymoedigheid en altyd onthou dat ware leierskap nie daarin lê om bo ander te staan nie, maar om langs ander te staan en hulle op te lig.”
Mag julle hierdie hoofstuk met trots skryf… en mag julle aan die einde daarvan kan terugkyk en weet: ons het ’n verskil gemaak.”
Die raadslede is: Marnus Bouwer, Marco Cordier, Wynand du Plessis, Cohen Fotias, Landré La Grang, Shaylen Marimuthu, Songe Oyama Mehlomakhulu, Dylan Pretorius Mareo Rossouw, JC Scholtz, Janco Snyman, JP Theron, Jeanré van der Westhuizen, Fernando van Rensburgj, Brian van Vuuren, Hennie van Wyk.
Denise Bietje, Bea Burger, Mieke de Jager, Carli Ferreira, Danica Greyvensteyn, Aileen Mcphersonj, Suhanri Miller, Suné Palm, Lené Pansegrouw, Megan Pretoriusj, Sjané Saaymanj, Timoné Scheuer, Amy Slabbert, Cailyn Stickling-Hayward, Ziané van Aardt, Chenèl Verwey en Tinique Vrey.
