Local newsNews
Dié jongman toor met ʼn krieketkolf
Krieket loop soos bloed deur Jacques Mynhart se are en Laerskool D.F Malherbe loop breebors rond oor hierdie jongeling se krieketprestasie.
VANDERBIJLPARK – Jacques Mynhardt met ʼn krieketkolf in die hand is ʼn gevaar vir enige boulaanval. Om ʼn 100-tal op die bord te sit is nie vir hom vreemd nie.
Dié Graad 7-leerder van die Laerskool D.F Malherbe het dit weer bewys toe hy vir sy skool se eerstespan uitgestap het teen Laerskool Republiek. Jacques het 200* lopies gemoker van slegs 85 balle!

D.F Malherbe het die wedstryd gewen met 215 lopies.
Die skool het Jacques se besonderse prestasie op hul Facebookblad gedeel en sy spel geloof. “Wat ‘n ongelooflike prestasie deur ‘n uitmuntende speler. Baie, baie geluk Jacques…. jy is ‘n YSTER.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
