Local newsNews

ESPERANZA eersdaags by die ERT

Op 28 Augustus gaan die polsende ritmes van Spaanse dans musiek weer deur die Etienne Rouseau Teater opklink.

SASOLBURG – Dis weer tyd vir Carli Spanish Dance Productions se jaarlikse vertoning by die Etiienne Rousseau Teater.

Hierdie jaar se tema is ESPERANZA. Dit beteken hoop. Die vertoning verteenwoordig geloof, optimisme en veerkragtigheid en bring alles na die verhoog deur Spaanse dans.

Foto: Ryno Steyn
Ontwerp: Marilie Viljoen – Lilly Anne Media

Carli Olivier sê mense kan uitsien na ʼn verskeidenheid van Spaanse dansstyle, van die immergewillde Flamenco, tot by klassieke en kontemporêre danse. Van die dansstudio se jongspan tot by professionele dansers is deel van hierdie besonderse vertoning.

Dané Wessels is Carli Spanish Dance Productions se danser van die jaar en haar foto verskyn op die amptelike plakkaat. Die danser van die jaar word elke jaar deur senior studente gekies as die een wat hul die meeste inspireer deur haar passie en toewyding vir Spaanse dans.

Die eenmalige vertoning van ESPERANZA vind 28 Augustus om 18:00 by die ERT plaas. Kaartjies beskikbaar by https://www.seatme.co.za/events/esperanza-msh3u0jk.

Lekkernye kan vooraf bestel word by https://ert.civicmon.co.za/order/9.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button