News

Rubriek: Die Groenoog Monster steek sy kop uit

Jaloesie is 'n lelike ding!

Die draaiboek vir die tonele wat hom tans in Suid-Afrika afspeel, kan nie geskryf word nie. Die realiteit is tans vreemder as fiksie.

Die massa-repatriasie van onwettige en wettige immigrante het Suid-Afrika se belastingbetaler al meer as R300m uit die sak gejaag.

’n Massa klein eenmansake het hulle deure gesluit en selfs groter maatskappye is deur die March & March-veldtog geraak.

Die onwettige immigrante word nou vir alles blameer, van die wankelende ekonomie, misdaad en werkloosheid. Wêreldwyd is dit nou bewys dat swak grensbeheer en wetgewing tot die ondergang en agteruitgang van dosyne lande gelei het.

Donald Trump word oor sy beleid oor onwettige immigrante, veral uit Mexiko, sterk gekritiseer.

Plaaslik word daar nou by nywerhede en by die kragreus Lethabokragstasie daarop aangedring dat daar slegs van plaaslike verskaffers, arbeiders en werkers gebruik gemaak mag word. Of daar nou ’n gebrek aan ondervinding of kundigheid is, word heeltemal misgekyk.

Dit is weer verkiesingtyd en die politieke partye skarrel om stemme te verwerf. Party partye is deurlopend aktief en ander spring uit die bos sodra daar kruisies getrek moet word. Intussen word daar ’n bohaai oor die Bokkieweek en Akademia se nuwe kampus gemaak.

Dit word tog deur private befondsing gefinansier. Ek stem nie noodwendig volkome saam met die ideologieë van hierdie instansies nie, maar dit wil voorkom asof jaloesie ’n groot rol speel. Net soos Josef se kleed trek hierdie instansies en projekte negatiewe aandag.

In ’n neutedop is die Bokkieweek en Akademia ’n vorm van selfbehoud en die skepping van geleenthede vir ’n minderheidsgroep.

Dit is soos professionele jaloesie, wanneer ’n medewerker presteer en wys dat ’n sekere hoeveelheid take in ’n dag verrig kan word. Die luiaard haat hom. Dis hoekom sosialisme vir lui mense baie meer aantreklik is as kapitalisme.

Daar word anderkant toe gekyk wanneer tenderpreneurs toeslaan. Maar wag tog net dat iemand iets doen wat suksesvol is. Die regering sukkel om skole te bou en infrastruktuur te onderhou. Akademia in Pretoria se bouwerk het in Januarie 2026 begin.

Teen die jongste beskikbare opdaterings is die projek reeds verby die aanvanklike grondwerke en is daar met fondamente en betonwerk begin.

Die eerste fase van die ontwikkeling het ’n geraamde koste van sowat R1,8 miljard. Die eerste studente sal na verwagting in Januarie 2028 na die nuwe kampus verhuis.

Die eerste fase sal onder meer akademiese fasiliteite en verblyf vir ongeveer 750 studente insluit. Iets wat Naledi Pandor, die voormalige minister van onderwys, dwars in die krop steek.

Pandor se kritiek gaan nie bloot daaroor dat Akademia ’n nuwe universiteit bou nie. Dit gaan oor wat sy meen ’n private, Afrikaans-medium universiteit soos Akademia verteenwoordig binne die SuidAfrikaanse politieke en historiese konteks.

Haar argument is dat Suid-Afrika steeds met die nalatenskap van apartheid, rasseongelykheid en historiese magsverhoudings worstel.

Sy is bekommerd dat instellings wat rondom bepaalde gemeenskappe en kulture georganiseer word, bestaande skeidings kan versterk eerder as om ’n meer geïntegreerde SuidAfrika te bevorder. Ek vermoed sy is net jaloers op Josef se kleed.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button