Local newsNews
Ingespring en skoongemaak
Die Anker Skool is dankbaar vir die vrywilligers wat ingespring en gemors rondom die skool skoongemaak het.
VANDERBIJLPARK – In teenstelling met die uiterste netheid en altyd mooi tuine van Die Ankerskool, het die vullis aan die buitekant begin ophoop, veral na die onlangse reën.

Dit was totdat ‘n dapper trio ingespring het en ‘n groot verskil gemaak het. ACSA, Maria Magdalena House of Safety, Mnr. Honiball en ‘n voormalige leerling van die skool, Wiandre het wind en weer trotseer en opruimingswerk gedoen.

Dit was harde werk en hul het lang ure ingesit, maar het dit alles met liefde gedoen. Die skool het almal betrokke bedank vir hul onselfsugtige werk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
