News
10 Kore gaan by NG Kerk Driehoek-basaar optree
Die basaar en koorfees vind Saterdag, 29 Augustus van 08:00 tot 13:00 plaas.
VANDERBIJLPARK – Maak gereed vir ‘n onvergeetlike dag want 10 kore gaan tydens die NG Kerk Driehoek Basaar & Koorfees optree.
Die kore sal tussen 09:30 en 12:30 optree.
Heerlike eetgoed (kerrie & rys, worsbroodjies, hamburgers, sosaties, jafels, pannekoek), poeding, koektafel en lekkergoedtafel, teetuin, hope kinderpret, stalletjies en selfs ‘n spookhuis sal deel vorm van die dag se verrigtinge.
Inwoners word genooi om die basaar te besoek.
- NG Kerk Driehoek is in Macowenstraat 42, SE 2. Vir navrae skakel die kerkkantoor by 016 932 3218 (08:00 – 13:00).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
