Local newsNews

Casual Day 2026 is om die draai

Jou R20 maak 'n verskil. Koop vandag 'n Casual Day plakker.

VEREENIGING. – Casual Day is al vir 32  jaar deel van Suid-Afrika se kalenders. Die heel eerste een is in September 1994 gevier en almal het geel strikkies gedra.

Deur die jare het die tema elke jaar verander en die strikkies het plek gemaak vir plakkers en selfs virtuele plakkers. Die doel het egter dieselfde gebly.  Om geld in te samel vir persone met fisiese en intellektuele gestremdhede.

Die leerders speel Twinkle Twinkle Little Star. Foto: Gerda Bruinette

Vir Eureka Skool lê die projek na aan die hart. Daarom kry hul jaarliks van die skoolhoofde en besighede bymekaar om hul Casual Day projek amptelik te loods.

Hierdie jaar was die byeenkoms weer ʼn gesellige samesyn. Die leerders het vrolik musiek gemaak en die gaste is behoorlik verwelkom met danspassies en musiek, soos hulle hul weg na die saal gemaak het.

Koben Hofmeyr deel sy getuienis. Foto: Gerda Bruinette

Die skool het van die geleentheid gebruik gemaak om al die besighede, skole en individue wat hul so getrou ondersteun te bedank.

Die gasspreker vir die dag was Koben Hofmeyr, ʼn jongman wie se lewe radikaal verander het nadat hy sy nek gebreek het tydens ʼn rugbywedstryd in 2018.

Hy was 15 jaar oud. Die dokters het oorspronklik gesê dat Koben lewenslank verlam sou wees, maar vandag loop hy met beenstutte en sy krukke, Tjoef en Tjaf en deel hy sy verhaal van genade en wonderwerke landswyd.

Die vlae wapper vir Casual Day. Foto: Gerda Bruinette

Casual Day vind op 4 September plaas. Om plakkers te koop ten einde Eureka Skool te ondersteun, kontak vir Yolandie by 0824320642 of . Die plakkers is steeds net R20 per plakker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button