Local newsNews

Overvaal trots op Voortrekkers

Die Voortrekkers het hul Nasionale Verkennertoer en Jeugberaad van 6 - 10 Augustus gehou en die jong Vories het dit baie geniet.

VEREENIGING – Aneska van Zyl en Louise Oosthuizen, albei Gr. 9-leerders aan die Hoërskool Overvaal was onlangs deel van Die Voortrekkers se landswye Jeugberaad.

Hulle het die langnaweek saam met 53 jeuglede van regoor Suid-Afrika en Namibië gemiet en baie geleer.

Hoêrskool Overvaal het op hul Facebookbad berig dat die naweek propvol geskiedenis, avontuur en waardevolle ervarings was. Daar is ondere andere besoek gebring aan die Voortrekkermonument, Melrose Huis, en Vegkop, met ’n paintball-geveg by die blokhuis.

“Wat ’n besondere voorreg om hul kommando én Hoërskool Overvaal te kon verteenwoordig.Ons is trots op julle, Aneska en Louise!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button