Local newsNews
Liggies brei en stik vir Vaalpets
Die Liggies het hul hande en harte oopgemaak vir Vaalpets se honde en gister was 'n groot kuier by die Lewensligsentrum.
VANDERBIJLPARK – Die Vaalpets Rescue Centre het gister die inwoners van die Lewensligsentrum besoek.

Die Liggies het komberse en hondekussings aan Quinita Venter oorhandig. Hulle het alles self gestik en gebrei.

Qunita sê: “Baie dankie vir elkeen wat so hard gewerk het vir Vaalpets se hondjies. Ons het wonderlike nuwe vriende gemaak en ons gaan beslis weer by die Liggies kuier.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
