Local newsNews

Krieket. Krieket. Net Krieket!

Jacques Mynhardt (Gr. 7) werk hard om eendag 'n professionele krieketspeler te word.

VANDERBIJLPARK – Jacques Mynhardt is op sy gelukkigste wanneer hy met ‘n krieketkolf in die hand teenstaanders se boulaanval stukkend slaan.

“Ek was nog klein, toe het my pa Action Cricket gespeel. Daar het ek verlief geraak op krieket,” beduie hy.

Jacques is tans in graad sewe aan die Laerskool D.F. Malherbe. Hy is ‘n veelsydige speler wat gereeld enige span waarvoor hy speel uit die moeilikheid kolf. Hy werk daaraan om sy boulaanval te verbeter.

Jacques speel nie net vir sy skool nie, maar ook vir Sedibeng o13A, die Boundary Warriors in die Sedibeng Premier League, en vir die Supermen in die National Premier League.

Om ‘n 100-tal op die bord te sit is nie vir hom vreemd nie. Onlangs het hy 200* lopies gemoker van slegs 85 balle.

Hy hou van die spanwerk in krieket en sê hy geniet elke wedstryd. Jacques is op ‘n missie om na skool ‘n professionele krieketspeler te word.

Sy groot kriekethelde is Irat Kohli en AB de Villiers. As hy nie krieket speel of kyk nie, hou hy baie van jag en visvang, maar krieket kom eerste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button