News

Sasol steek voelers uit na ‘groen’-lugvaartbrandstof

Onderhewig aan 'n studie en toekomstige beleggingsbesluite, kan volhoubare lugvaartbrandstof moontlik in Sasolburg vervaardig word.

Sasolburg kan ‘n spilpunt word vir die vervaardiging van ‘n nuwe tipe skoner lugvaartbrandstof, aangesien Sasol beplan om ‘n groenwaterstofstelsel by sy Sasol 1-aanleg te ondersoek.

Sasol het die Chinese energie-onderneming Envision Energy gekontrakteer om ‘n ontwerpstudie te doen oor die integrasie van hernubare energie, energieberging en elektroliseerder-tegnologieë om groenwaterstof by die fasiliteit te vervaardig.

Sasol noem dat eSAF gemaak kan word deur vasgevangde koolstofdioksied, water en hernubare krag te gebruik, waar groenwaterstof help om die proses aan te dryf.

Sasol se senior visepresident vir besigheidsbou sê in ‘n mediaverklaring die studie is ‘n belangrike stap om groenwaterstof meer bekostigbaar te maak.

Hy meen internasionale kundigheid sal help om te beoordeel hoe die tegnologie toekomstige laer-koolstofbrandstof- en chemiese bedrywe kan ondersteun, terwyl daar gebou word op die dorp se bestaande nywerheidskapasiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button