Local newsNews

Kleuter in konstante pyn en ongemak

Ten spyte van kontsante pyn sedert haar geboorte is Nikita 'n gelukkige dogtertjie, maar daar wag moontlik 'n gevaarlike operasie op haar.

VEREENIGING – Op die oog af is Nikita Burger ‘n woelige en gelukkige kleuter, maar sy is elke dag in pyn.

Nikita is op 22 November 2022 gebore met ‘n rugstring wat nie volledig ontwikkel het nie. Sy het ook erge refluks en is met ‘n vergrote blaas gebore.

Die ruggraat gee op die stadium die meeste moeilikheid. Daar is ‘n stukkie been by haar stuitjie wat aanhou groei. Dit veroorsaak dat die kleinding nie lank kan sit nie, want die stukkie been druk deur.

Nikita saam met haar ma, Christelle. Foto: Verskaf Christelle van Dyk

Sy is in konstante ongemak en pyn. Haar ma, Christelle, sê Nikita kon op 18 maande nie sit, loop of kruip nie. Sy het haar na ‘n dokter geneem wat beslis het dat die stukkie been dadelik verwyder moes word, anders sal Nikita nooit kan loop nie.

“Ek het baie gebid en vertrou,” vertel Christelle. ‘n Week later het Nikita begin loop. Christelle het ‘n tweede opinie ingewin en Nikita na die Nelson Mandela Kinderhospitaal geneem.

“Sy was nou al drie keer by dié hospitaal en het ‘n hele mediese span wat na haar kyk. Die spesialiste wou eers kyk of die stukkie been verder groei voordat hul opereer. Die kans is 50/50 dat die operasie haar verlam sal laat,” vertel ‘n bekommerde Christelle.

Nikita moet op 25 Augustus weer vir MR- en CT-skanderinge gaan. Verlede jaar het die spesialis opgemerk dat Nikita se regterbeen swakker is as die linkerbeen. Christelle is gewaarsku dat, sou Nikita verkeerd val, dit moeilikheid met haar rug sal veroorsaak.

Nikita word fyn dopgehou, maar sy is ‘n besige dogtertjie wat dit geniet om te hardloop, want die pyn is te veel as sy stilsit. Haar ma sê Nikita is slim en lief vir skryf en teken.

Sy het ‘n wollerige warmwatersakkie wat sy haar baba noem. Haar gunsteling liedjie is Lyfie van Bernice West. Sou die operasie nodig wees sal dit hierdie jaar gedoen moet word. Volgende jaar moet sy met graad RR begin.

Christelle benodig nog R5 000 vir die skanderings. Die res van die geld het sy reeds bymekaar gemaak. Indien enige instansie of individu die enkelmamma kan help ondersteun haar BackaBuddy-rekening.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button