News

DA stel wykskandidate vir Midvaal bekend

Só lyk die DA se wykskandidate vir vanjaar se munisipale verkiesing.

MEYERTON – Die DA in Midvaal het Saterdag sy 15 wykskandidate vir vanjaar se munisipale verkiesing bekend gestel.

Dit volg ná ’n streng keuringsproses van meer as twee jaar waartydens bykans 100 mense aansoek gedoen het om as wykskandidate in Midvaal te staan.

Kandidate moes hul CV’s indien, aanlyn verkiesingsopleiding voltooi, ’n eksamen aflê, onderhoude met keuringspanele voer en prestasie-evaluerings ondergaan.

Die 15 kandidate sal wyke van Walkerville in die weste tot Vaal Marina in die ooste betwis.

Ses van die kandidate dien tans as wyksraadslede, terwyl nege vir die eerste keer as wykskandidate staan.

Die DA het tans 12 van Midvaal se 15 raadsetels en sê hy hoop om in die verkiesing op 4 November ook die oorblywende drie wyke te wen.

Die party het tans altesaam 19 raadslede in die Midvaal-raad, insluitend proporsionele verteenwoordigers.

Die DA se kandidate is:

Wyk 1: Pieter Swart
Wyk 2: Salome Janse van Rensburg
Wyk 3: Martin Kruger
Wyk 4: Madélein Labuschagne
Wyk 5: Pat Hutscheson
Wyk 6: Thapelo Makate
Wyk 7: Chantal Gomes
Wyk 8: Thetheweni Dhlomo
Wyk 9: Danelle Dreyer
Wyk 10: Paulina Makatula
Wyk 11: Anna Sitona
Wyk 12: Suzette van der Westhuizen
Wyk 13: Gerrit Viljoen
Wyk 14: Phil Pretorius
Wyk 15: Jane Erasmus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button