News

Skietery eindig in drie se dood

Nadat die verdagtes eerste op die polisie losgebrand het, is versterkings ontbied. Die Gautengse Verkeerslugvleuel, CAP Security en Tracker Connect het dadelik ondersteuning gebied.

Drie vermoedelike misdadigers is Donderdagmiddag, 20 Augustus, dodelik gewond in ‘n skietery met die polisie in Vereenigingweg.

Die voorval spruit uit ‘n gewapende roof vroeër die dag, waartydens ‘n man van ‘n onbekende bedrag geld beroof is toe hy sy erf betree het. 

‘n Opsporingskennisgewing vir die voortvlugtiges se voertuig is kort daarna deur die SAPD geaktiveer.

Lede van die Taktiese Reaksiespan het die voertuig later in Alrode opgemerk en probeer om dit van die pad af te dwing. 

Die insittendes het op die polisie losgebrand, waarna die SAPD lede teruggeskiet het. 

Al drie insittendes is in die skietery gewond en op die toneel dood verklaar.

Die polisie het op drie vuurwapens beslag gelê, waarvan twee se reeksnommers afgevyl is, asook die geld wat vermoedelike tydens die roof gesteel is. 

‘n Stel valse nommerplate is ook in die voertuig gevind.

Die vuurwapens sal nou aan ballistiese toetsing onderwerp word as deel van die verdere ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button