Ondersteun U BEE 4 ME om hart-baba te help
Baba Azaria se ma gaan 9 November vir 'n keisersnee. Daarna moet Azaria gaan vir 'n groot hartoperasie. Koop vandag jou kaartjie om te help
VANDERBIJLPARK – Die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, U BEE 4 ME, verkoop lotjies om geld in te win vir Baba Azaria Meyer.
Die kleinding sal vir ʼn groot hartoperasie moet gaan ongeveer twee weke ná haar geboorte op 9 November. Daar is sleg een spesialis wat die operasie kan doen en Azaria moet by die betrokke hospitaal gebore word.
Azaria het Truncus Arteriosus. Dit beteken dat haar hart net een groot bloedvat het waar daar normaalweg twee moet wees, en dat daar ’n gaatjie tussen die twee onderste hartkamers is.

Sy sal lank in die neonatale intensiewe sorgeenheid moet deurbring. Weens omstandighede buite die gesin se beheer, het hulle nie tans ʼn mediesefonds nie.
U BEE 4 ME NPC verkoop lotjies teen R100 per kaartjie. Mense staan ʼn kans om ʼn regte Jack Daniëls vaatjie te wen asook ʼn bottel Jack Daniëls. Die wenkaartjie sal 24 Oktober getrek word.
Alle fondse sal gebruik word om Azaria se mediese onkostes te betaal. Inbetalings kan gedoen word by:
Rekeningnaam: U BEE 4 ME NPC
Rekeningnommer: 1234 826 054
Bank: Nedbank
