Local elections newsNews

‘Walkerville en De Deur kort beter dienslewering’ – Jaco Mulder

Jaco Mulder, die VF Plus-LPW en provinsiale leier van Gauteng, en ander plaaslike lede van die party, het oor die naweek 'n besoek aan Walkerville afgelê.

MIDVAAL – Die VF Plus is van mening dat indien die DA sy meerderheid ondersteuning op 4 November in dié streek verloor, dit die politieke landskap vir inwoners van De Deur, Walkerville, Eikenhof, Meyerton en Vaal Marina) kan verander.

Mulder meen dat indien dit sou gebeur dat die DA sy meerderheid ondersteuning verloor, die keuse van ’n koalisievennoot deurslaggewend sal wees vir die munisipaliteit se toekomstige stabiliteit en dienslewering.

“Die VF Plus bied ’n duidelike alternatief vir ’n moontlike DA/ANC-koalisie. Die VF bring ’n unieke waardestelsel na die tafel, gegrond op Christelike beginsels, gemeenskapsverantwoordelikheid, selfbeskikking en aanspreeklikheid,” sê Mulder.

Hy het verder aangevoer, dat hoewel Midvaal op sekere terreine goed presteer, daar steeds gemeenskappe is waar dienslewering veel te wense oorlaat. Volgens hom verdien inwoners van onder meer Walkerville en De Deur meer aandag.

“Goeie bestuur moet vir elke inwoner ’n werklikheid wees, ongeag waar hulle woon. Die VF Plus wil dit wat werk, beskerm, tekortkominge aanspreek en verseker dat inwoners waarde vir hul munisipale rand ontvang,” het Mulder afgesluit.

Jaco Mulder, die VF Plus-LPW en provinsiale leier van Gauteng, en ander lede tydens hul besoek aan Walkerville. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button