News

Alles om ‘n veiliger Feesseisoen te verseker

'n Totaal van 149 arrestasies is gemaak tydens #VeiligerFeestyd #OperasieShanela2, wat op 19 November in Vanderbijlpark en Sharpeville uitgevoer is.

VANDERBIJLPARK – Tydens operasies wat van 05:30 tot 13:00 uitgevoer is, het die polisie 608 persone, 235 voertuie en agt persele deursoek, terwyl 99 voertuie getoets is.

Die arrestasies sluit in 107 speurderarrestasies en 42 arrestasies tydens operasionele aktiwiteite.

Sewe drankwinkels is deursoek en twee onwettige drankwinkels is gesluit. Twaalf verkeersboetes ter waarde van R13 500 is uitgereik.

Die 42 operasionele arrestasies het bestaan uit:

31 ongedokumenteerde persone

4 verdagtes vir die besit van dwelms

2 vir onwettige handel in drank

1 vir roekelose en nalatige bestuur; 1 vir versuim om by ’n padblokkade stil te hou; 1 vir aanranding; 1 vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en 1 vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar.

Die polisie het ’n vermoedelik gesteelde wit Nissan NP300 teruggevind wat met ’n Sebokeng-saak verbind word, en het beslag gelê op 16 160 ml drank, Mandrax-tablette, drie pakkies vermoedelike tik (crystal meth) en ’n pistool.


Die Speurderoperasies het 138 sake ondersoek, wat gelei het tot 107 arrestasies, bestaande uit:

63 vir kontakmisdade, insluitend moord, poging tot moord, verkragting, aanranding en roof
7 vir trio-misdade
3 drie huisrowe
4r kapings
4 vir eiendomsmisdade
4 vir die besit van ’n onwettige vuurwapen, vermoedelik gesteelde eiendom en plofstof
29 vir ander oortredings, insluitend diefstal, kwaadwillige saakbeskadiging, minagting van die hof, ontvoering en intimidasie.

Die speurderarrestasies het 30 gevalle ingesluit wat verband hou met geslagsgebaseerde geweld, wat deel vorm van die 107 speurderarrestasies.

Die polisie het ook gemeenskapsbetrokkenheidsaksies uitgevoer en winkelsentrums, besighede in taxi-areas en ander openbare ruimtes besoek as deel van misdaadvoorkomingsaktiwiteite vir die feestyd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button