News

Midvaal ontvang Rand Water-toekenning vir instandhouding van waternetwerk

Die munisipaliteit sê sy tegniese spanne hou die waternetwerk in stand en herstel lekkasies vinnig.

MEYERTON – Rand Water het die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vereer vir die manier waarop hy sy waternetwerk bedryf en in stand hou.

Die munisipaliteit het die erkenning aan sy tegniese spanne toegeskryf. Volgens Midvaal help hul werk om inwoners van skoon drinkwater en ’n betroubare watertoevoer te voorsien.

Midvaal het Rand Water vir die toekenning bedank en gesê hy sal voortgaan om in sy waterinfrastruktuur te belê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button