NewsSportSport

NWU Vaal skitter tydens vierhoekige-reeks

NWU Vaal se netbalspan se harde werk is besig om vrugte te werp

VANDERBIJLPARK. – Die NWU Vaal se eerste netbspal het tydens die pas afgelope Varisty Vierhoekige Netbalreeks gewys wat in hom steek.

Die Vaaldriehoekers het twee van sy drie kragmetings gewen.  Die Eagles het TUT met 33-30 geklop, VUT met 34-27 geklop maar het met 53-32 teen CUT vasgeval. Aldrie hierdie spanne speel egter ‘n liga bo NWU Vaal en die uitslae spreek dus boekdele waartoe die span instaat is.

Dis waaroor netbal gaan om vriendskapsbande te bou.

Sedert die Protea-speler Monique Reyneke Meyer die leisels by haar mentor Amanda Dreyer oorgeneem het, het die span voortgebou om die uitstekende onderbou.

“Ek is meer as tevrede met die spelers. Die laaste wedstryd het nie werklik reflekteer waartoe ons instaat is nie. Om die groei te sien is wonderlik.  Dis ‘n groot voorreg om die ‘great’ groep spelers af te rig. Ons werk hard vir die USSA-toernooi. Die USSA-span is nog nie gefinaliseer nie, maar die reeks het gewys wie kan onder druk presteer. Ons weet nou waaraan om te werk. Ek is opgewonde en positief vir die USSA-toernooi,” het Meyer gesê.

Volgens Meyer het NWU Vaal na die wedstryde ‘n bietjie spanbou ook gehou sodat die spelers mekaar bietjie in ‘n ontspanne omgewing kan leer ken.

 

Check Also
Close
 
Back to top button