SportSport

Kalk spat en hare waai op die rugbyveld

Skolerugby op sy beste in die Vaal.

VANDERBIJLPARK – Gistermiddag het die Afrika winterson neergefel tydens die Laerskool Emfulenipark en Laerskool Eligwa se ligawedstryd wat aan die vooraand van die Laerskole Bondedag, Cravenweek en streeksweke soos die Rhinoweek op die Emmies se tuisveld plaasgevind het.


Van die eerste afskop af was dit duidelik dat beide spanne nie net vir liga-unte speel nie, maar vir trots en voorbereiding vir die opkomende toernooie en rugbyweke.
Die atmosfeer langs die veld was tasbaar, terwyl die manne mekaar met oorgawe op die veld aangedurf het.


Ten spyte van die fisieke aard van die kragmetings het die noodhulpmanne en vroue darem nie te veel werk gehad om te doen nie. Ondanks die uitslae van die wedstryde was rugby en sportmangees die wenner op die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button