Local sportNewsSchoolsSport

HGH kraai koning teen Laeveld besoekers

Die manne van Hoërskool Generaal Hertzog het Curro Nelspruit verlede naweek op die rugbyveld kafgedraf en die knoop deurgehaak.

Hoërskool Generaal Hertzog was die naweek besig op hul sportvelde.


Hulle het Saterdag, 18 April rugby ligawedstryde teen Curro Nelspruit gespeel en drie van die vier wedstryde gewen/

LEES MEER HIER: Uitsonderlike atletiek die wagwoord by HGH-kringbyeenkoms


Die eerste span het die besoekers 48-29 die loef afgesteek.

Die speler van die wedstryd was Kungawo Ntantiso.


Die o16A het hulle wedstryd 26-7 gewen en die speler van die wedstryd was Themba Mathonsi.

SIEN DIE FOTO’S HIER:


Aphile Zwane was aangewys as die speler van die wedstryd vir die o15A span wat die besoekers ’n 24-0 pakslae gegee het.


Die o14A het hulle wedstryd met net twee punte, 5-7, verloor.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button