Schools

Wessies maak die regte skuiwe

Die skool wens die leerders geluk met hul uitstekende uitslae.

Laerskool Westwood se skaakspelers hou die skool se naam hoog.

Ioann en Leane Mann eindig beide eerste by die Ekurhuleni-Noord Individuele Skaaktoernooi vir skoleskaak wat onlangs by Laerskool Rynfield aangebied is.

Hulle dring deur na die Gauteng-skaakkompetisie.

Verder wens die skool sy o11A-skaakspan geluk wat tweede geëindig het by die onlangse skolespan-kompetisie by Westwood.

Hierdie span het ook deurgedring na die Gauteng-kompetisie.

Westwood as ‘n geheel het weggestap met ‘n vierde plek tydens die Ekurhuleni-Noord kompetisie.

Die skool kon nog nie meer inligting deel oor die Gauteng-kompetisie nie.

Lees Ook: Westwood konding top akademiese presteerders aan

Lees Ook: Westwood atlete is tops by interlaer 

   

Related Articles

Back to top button