Oosies vlieg hoog na Con Spirito se semi-finaal
Die toekoms van debat by Oosterlig lyk rooskleurig.
Hoërskool Oosterlig het hul vaardighede op die debatplatform bewys tydens die onlangse streeksuitdunne van die Con Spirito Debatkompetisie.
Met ywer en selfvertroue het die span van Oosterlig hul teenstanders uitgedaag en ver oor die perke van die streeksrondte gespring.
Twee spanne het uitgeblink en hul plekke in die semi-finaal verseker, wat op 13 September by Hoërskool Garsfontein plaasvind.

Die junior span, bestaande uit Graad Nege-leerders Leila Westley en Eli van Heerden, het met vernuftige argumente en samewerking geskitter. Die senior span, gevorm deur Graad 12-leerders Karli Ferreira en Frané du Plooy, het hul ervaring en oortuiging ten volle uitgespeel.
Hoërskool Oosterlig wens al hierdie jong denkers sterkte toe terwyl hulle hul gedagtes skerp maak vir die uitdagings wat voorlê.
Lees Ook: Gholfspeler hou Oosterlig se naam hoog



