CrimeEditor's noteNews

Waarskuwing: Diewe soek jou motorbande

’n Motor wat in die straat geparkeer is, is ’n maklike teiken

’n Skerp toename van diefstal vanaf voertuie in veral Brenthurst en Brakpan-sentraal is ’n groot bron van kommer vir die SAPD.

Kapt Peet van der Schyff het gesê dat verskeie voorvalle die afgelope tyd voorgekom het waar inwoners se bande en vellings (rims) van hul voertuie afgesteel word.

“Dit is raadsaam om jou motor oornag in ’n motorhuis wat toesluit, of ten minste op jou perseel met hekke wat sluit te parkeer,” het van der Schyff gesê.

“’n Motor wat in die straat geparkeer is, is ’n maklike teiken,” het hy bygevoeg.

“Dit sal ook van hulp wees indien motoriste die registrasienommer op ’nmanier op hul die vellings kan graveer,” het van der Schyff gesê.

Hy het ook gemaan dat inwoners nie tuingereedskap, fietse, tuinmeubels en ander los items moet laat rondstaan nie.

“Dit is ’n ope uitnodiging vir misdadigers om jou perseel te betree en jou goed te steel,” het van der Schyff gesê.

Lees ook:

Diefstal van hekmotors is weer erg: SAPD gee raad

Diewe steel graag batterye

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button