
Dit is opvallend hoeveel berigte daar deesdae in die Herald geplaas word oor die verkeerspolisie se suksesse ten opsigte van mense wat te vinnig ry.
Ek stem 100 persent daarmee saam dat persone, wat te vinnig ry, vasgevat moet word, maar ek glo nie dat dit al is waarop daar gekonsentreer moet word nie.
Ek woon en werk in die dorp en dit is vir my so opvallend dat mense deesdae net nie meer by stopstrate en selfs rooi verkeersligte stilhou nie.
‘n Ander oortreding wat ek ook daagliks opmerk is dat ouers hul jong kinders op die voorste sitplekke laat sit of staan sonder veiligheidsgordels.
Miskien moet die verkeerspolisie liewer meer patrollies in die dorp doen en minder spoedlokvalle hou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.