
Ek verwys na die brief in die Herald van 2 Mei (Kinders moet aangemoedig word), asook die brief in die Herald van 25 April (Baie dinge by dié skool pla).
Ek is eerder geneig om met die eerste skrywer saam te stem.
Ek het ‘n kind op laerskool (graad ses) en een in ‘n hoërskool (graad 11) op die dorp.
Dit het vir my die afgelope drie jaar baie duidelik geword dat onderwysers nie meer so toegewyd is soos voorheen die geval was nie.
Ek kan verstaan dat die hoeveelheid kinders in die klasse jaarliks groei, maar dit is asof daar net nie meer ‘n begeerte is om die kinders se opvoeding en geleerdheid eerste te stel nie.
Soos die eerste skrywer gemeld het, is dit asof sport alles oorheers. As jou kind nie uitblink in sport nie is hy of sy niks nie.



