LettersOpinion

Toetsbeampte se gedrag is teleurstellend

E James skryf per e-pos:

Ek wil my nare ondervinding by die Brakpan Verkeersafdeling se toetsstasie met die lesers deel.

Op 13 Mei het my seun die toets gaan aflê om sy bestuurderslisensie te bekom. Soos alle ouers graag die beste vir hulle kinders wil hê, het ek hom ingeskryf by ‘n bestuurskool in Brakpan.

Dus het ek alles probeer om dit so glad as moontlik te laat verloop. Die toetsbeamte wat my my seun vir die toets geneem het, het my baie teleurgestel.

Alhoewel my kind wel geslaag het, is hy van die begin af verneder.

Met die inspeksie van die voertuig is daar aan hom gesê dat hy te veel praat en dat hy liewer sy mond moes hou.

My seun is toe op die pad geneem vir die toets. Hy vra toe na watter kant hy moet draai vanuit die toetssentrum, waarop die toetsbeamte vir hom gevra het of “hy sy f….. werk wil doen?”

Hy het ook aan my seun gesê dat hy en sy vriende die dood van ander mense op die pad gaan veroorsaak, want hulle is te windgat.

En dat hy liewers die f….. handrem moet los, want hy weet nie hoe dit werk nie.

Die toetsbeamte het ook aan my seun gesê dat hy (die beampte) “oud is, maar nie stupid nie”.

Ek hoop my brief sal dien as ‘n waarskuwing aan ander ouers wie se kinders steeds hul bestuurderslisensie moet bekom.

My seun het wel syne gekry, maar ek hoop om ander die vernedering te spaar deur hulle in te lig oor die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button