
My man is twee maande gelede oorlede en dit is vir ons nog almal bitter swaar om dit te verwerk.
Ek kry darem op ‘n manier vertroosting wanneer ek sy graf besoek. Ons wag nog vir die grafsteen en dus probeer ek maar my bes om die graf netjies te hou.
Ek en my dogter gaan elke Sondag na die graf net om te sien dat die blomme of kransie, wat ons die vorige week neergesit het, verwyder is.
Ek wil net aan die persoon of persone, wat dit doen, sê dat hulle swaar gestraf sal word. Dit is skandelik om ‘n bossie blomme van ‘n graft te verwyder en wat ookal daarmee te doen.
As ek kon, sou ek meer gereeld na die begraafplaas wou gegaan het, maar ek kan net een keer per week saam met my dogter gaan. Ek wil graag hê dat daar vir ‘n week mooi blomme op my man se graf moet wees.
As jy nie jou eie bossie blomme kan koop nie, moet asseblief nie ander mense droewig maak deur jou dade nie.



