Editor's choiceLettersOpinion

Smouse gebruik lang gras vir toilet

Inwoner, Kenleaf skryf: Daar is ‘n groot aantal mense wat onwettig plak en handel dryf op die hoek van Van Dykweg en Farquharson Street.

Dit is ‘n groot probleem aangesien die mense, wat bedags hul goedere probeer verkoop, so te sê plak. Daar word elke aand vure gemaak en dit ruik gewoonlik soos plastiek wat brand.
Die mense hier dryf onwettig handel en die goedere wat, wat hulle verkoop, word sommer ook hier vervaardig.
Ons het al verskeie kere die SAPD en die Metro gekontak maar daar bleik geen resultate te wees nie.
Die situasie hou ook ‘n groot gesondheidsrisiko in, omdat die mense sommer die lang gras as ‘n toilet gebruik. Ons huise, wat digby die kruising geleë is, is gedurig vol brommers.
Ons is agt huishoudings aan die muur grens en ons almal voel dieselfde.
Van die mense wat hier plak is ook gedurig dronk dan word daar baklei en kliphard op mekaar geskreeu.
Asof dit nie genoeg is nie word daar vir die bestuurders van die vragmotors gefluit en gewaai todat hulle toeter blaas. Daar word ook vir die taxi bestuurders gewys om hulle musiek kliphard te speel.
Ek wil al my huis verkoop en trek want dit dryf ‘n mens teen die mure uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button