Besoek aan polisiestasie verras
Trotse inwoner, Dalview skryf: Alles was baie skoon en netjies en die persoon wat ons gehelp het was vriendelik en professioneel.

Trotse inwoner, Dalview skryf:
Ek en my ma was Vrydag (15 September) by die polisiestasie om dokumente te laat beëdig.
Dit was ‘n groot plesier. Ek was nog nooit in die aanklagkantoor nie, so ek weet nie hoe die plek voorheen daarna uitgesien het nie.
Wat ek wel kan sê is dat die nuut opgeknapte plek ‘n groot aanwins vir die dorp is.
Ek besef dit is nog nuut maar alles was baie skoon en netjies en die persoon wat ons gehelp het was vriendelik en professioneel.
Ek hoop net van harte dat die plek so gehou sal word.
Ek is seker daarvan dat dit ook ‘n plesier is vir die lede van die polisie wat elke dag daar moet werk.
Lees ook:
Gauteng police commissioner opens newly-renovated Brakpan SAPS Client Service Centre
Brakpan SAPD lid is ‘n voorbeeld vir ander
Volg ons:



