
Misnoegde inwoner van Brakpan skryf per e-pos:
Sal AfriForum ooit weet en besef presies hoe uiters dankbaar ek as inwoner van Brakpan is oor die kriminele klagte wat gebring is teen die Ekurhuleni Metro? (Afriforum lays charges against city manager for Brakpan pollution, Herald van 8 Oktober).
Ek woon al 70 jaar in Brakpan en het dosyne e-posse aan verskeie departemente gedurende die afgelope vyf jaar gestuur, maar geen terugvoering is ontvang nie.
Ek voel dat daar ook gekyk moet word na die dreineringsopeninge, spesifiek in Gordonstraat, en al die strate wat Gordonstraat kruis.
Die openinge is met vullis tot by die straat oppervlakte gevul en alhoewel ek dit al vir jare aan die persone in beheer daarvan rapporteer word daar geen poging aangewend om dit skoon te maak nie.
Die bossies in Escombelaan word slegs met kantsnyers kort gesny en word nooit uitgespit nie.
Die hiasinte in die dam word al weer groen.
By die ingang van die Jan Smuts piekniekarea se hek is daar ‘n groot kennisgewingbord met reëls maar geen van hierdie reëls word nagekom nie.
Elke dag en veral naweke lê dié piekniekarea vol leë drankbottels.
Vure word orals gemaak. Mense hou piekniek en kuier tot 10nm of later en die geraas en harde musiek hou nooit op nie.
Daar is geen toiletgeriewe nie.
Verkeersligte wat omgery word bly so lê vir vier maande.
Ek het ongelukkig foto’s, ter bewyse van bogenoemde, van my foon verwyder.
Maar noudat ek weet AfriForum ontvang ons klagtes sal ek weer begin foto’s neem.
Dit het twee jaar geneem om een van twee watermeters, wat in Escombelaan gelek het, te vervang. Die ander meter lek nog steeds.
Dankie Drummond Doig en Johan Fourie en almal by AfriForum wat ons spreekbuis is. Ek is verheug.
Sterkte vir die pad vorentoe.
Lees ook:
AfriForum het groot planne vir Brakpan Dam
Inwoners op hol oor vreemde gedrog wat in Brakpan Dam dryf
Volg ons:



