LettersOpinion

Wrede aanvallers moet kry wat hulle toekom

Niemand verdien die trauma en seer waardeur die bejaarde vrou moes gaan nie.

Adrie van Greunen, Dalview skryf:

Ek verwys na die berig op die voorblad van die Herald van 31 Augustus (Bejaarde beleef nag van hel).

Ek en my vriendin het Vrydag erg gewroeg oor die berig. Ek het daarna verwys toe ek by haar gaan koffie drink het.

Sy het nog nie die koerant gesien nie, maar dit dadelik gaan haal en die ontstellende berig gelees. Sy was vies omdat foto’s van die vrou se beserings gepubliseer is en ons het eintlik ’n groot meningsverskil daaroor gehad.

Die media in die algemeen kan soms die dam onder die eend uitruk, maar ek voel die publiek die reg het om te weet wat aangaan.

Dit help nie dat ons met oogklappe deur die lewe gaan nie. Ek glo dit was vir die vrou moeilik om haar verhaal te vertel maar juis daarom is ek meer versigtig.

Dit is nodig dat ons lees en hoor van geweld en misdaad, want dit is ’n werklikheid waarmee ons moet saamleef.

My vriendin het uiteindelik my standpunt ingesien en ons het verder lekker gesels en koffie gedrink.

Dankie aan die Herald wat ons op hoogte hou van die goeie maar ook die slegte dinge wat in die dorp gebeur.

En laastens maar beslis nie die minste. Ek hoop die wrede, gevoellose mense wat daardie bejaarde vrou so verniel het sal gevang word en die straf kry wat hulle verdien.

Ek bid elke aand vir haar en vir elke persoon in hierdie land van ons wat ’n slagoffer van misdaad was.

Niemand verdien die trauma en seer nie.

Ander inwoners het ook hul opinie gelig op ons sosiale media. Dis wat hul te sé gehad het:

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button