Local newsNews

Studente van destydse Heidelberg Onderwyskollege kom bymekaar

HEIDELBERG - Oud-studente van die destydse Heidelberg Onderwyskollege (HOK) beplan `n byeenkoms wat op Erfenisdag (24 September) by die Suid-Afrikaanse Lëergimnasium plaasvind. 

Toegang is vanaf 10:00 by die hoofingang in Louwstraat, vanwaar almal by die saal langs die swembad bymekaarkom. Oud-studente sal ook per bus op ‘n toer deur die destydse kampus geneem word.
Koördineerder Susan du Plessis nooi alle oud-HOK studente om die spesiale dag by te woon. Sy het gesê dit sal die laaste geleentheid wees om as groep hul ou alma mater te besoek.

Vanaf 22 tot 24 September volgende jaar (2017) sal daar ook `n reusereünie en die amptelike opening van `n uitstalling van alle HOK memorabilia saam met die erfenisstigting by die Voortrekkermonument gehou word.

Daar word `n beroep op alle oud-studente gedoen om te help met die versameling van inligting oor of skenkings van memorabilia. Daar word ook gesoek na items wat ná die sluiting van die onderwyskollege verskuif is.

Trompoppies (Custom) Diploma plegtigheid (Custom) Gees word begrawe! (Custom) Hokkie (Custom) Inter Kollege (Custom) Jool (Custom) Jool Koningin (Custom) Korfbal (Custom) Koshuis aksies (Custom) Noorderlig Dameskoshuis (Custom) Pawiljoen (Custom) Sluiting (Custom) Studente Prins (Custom) Studenteraad (Custom)
Vir meer inligting, skakel Susan by 072 124 1076 of besoek die Facebookblad onder HOK inligting.

 

 

Related Articles

Back to top button