Sport

Ermelo-stoeiers stoei goud, silwer en brons los

Klubs van regoor die land het by die Rembrandt-saal op die Tuks Sportkampus in Pretoria vergader

Ermelo se stoeiers het onlangs aan die Johnny Reitz Big-5-amateurstoeitoernooi by die Tuks Sportkampus in Pretoria deelgeneem en gewys wat in hulle steek.

Dié kompetisie wat jaarliks deur die Noord-Gauteng Stoeivereniging aangebied word, is een van die grootste ope-amateurstoeitoernooie in Suid-Afrika, waartydens stoeigevegte in Grieks-Romeins en vrystyl aangebied is.

Van jong beginners van sowat ses jaar oud tot veteraanstoeiers het deelgeneem.

Klubs van regoor die land het by die Rembrandt-saal op die kampus vergader.

Daar was agt stoeimatte in die saal waar die stoeiers deelgeneem het en die ondersteuners het hulle vanaf die paviljoen aangemoedig.

Sien al die uitslae in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button